Welkom

Is u opsoek na gasvrye en veilige akkommodasie in die Johannesburg omgewing, slegs 15 minute van die bekende OR Tambo Internasionale Lughawe?

Geleë in 'n veilige, stil residensiële gebied met 'n uitsig oor die 13de puitjie van die onberispelike Glendower Golfbaan, is Glendower View Gastehuis, 4-ster gegradeer deur die Toerisme Graderingsraad. Ons bied korporatiewe reisigers, oorsese gaste en besoekers aan Johannesburg 'n rustige en gemaklike ervaring in een van ons 10 uistekend versierde uitvoerende en luukse nie-rook kamers.

Glendower View Gastehuis is versier in 'n kontemporêre Afrika styl, gestand aan sy Suid-Afrikaanse erfenis en sal aanklank vind by die oordeelkundige plaaslike en internasionale reisiger. Dekor items is baie sorgsaam verkry van landelike Afrika gemeenskappe met behulp van liefdadigheidsorganisasies, betrokke by opheffingsprogramme.

Alle kamers is toegerus met eie DSTV konneksie en LCD televisie wat verseker dat u nie die jongste ekonomiese verwikkelinge of sportgebeure misloop nie. Die kamers is ook toegerus met digitale kluise, haardroërs, komplimentêre gasvryheidskinkborde, luukse bykomstighede en linne, gemaklike, kwaliteit matrasse en beskik ook oor sy eie eerlikheidskroeg.

Die gastehuis is beskik oor Wi-fi Internet en u is welkom om 'n glasie wyn te geniet op ons stoep terwyl u inhaal op die daaglikse e-posse.

Verder is die hoogs opgeleide personeel en professionele bestuur beskikbaar om handjie by te sit om u ervaring so gemaklik en gerieflik moontlik te maak. Ons gastehuis bestuurder, Sabine, sal u met graagte bystaan om restaurant, vervoer asook toer besprekings te maak.

'n Volledige Engelse en Kontinentale ontbyt is ingesluit by ons tariewe en reëlings kan gemaak word om saam met ons middagete of aandete te nuttig. Vooraf gereël, kan ons u ook akkommodeer met enige dieëtkundige vereistes, Kosher en Halaal ingesluit.

U is welkom om besigheidsvennote en/of vriende oor te nooi om by u aan te sluit vir 'n drankie of vooraf bespreekte peuselhappie bord, ontbyt, middagete en/of aandete.

Contact us directly on 011 453 6644 / info@gvgh.co.za

Enquire